‘n Gemeenskapsjoernalis is net dit – iemand wat geen formele opleiding as joernalis gehad het nie, maar wat verslag doen oor nuusgebeure deur middel van die internet, drukmedia of selfs televisie.
Die grootste gedeelte van vryskut-gemeenskapsjoernalistiek vind tans deur bloginskrywings plaas, hoewel ‘n groeiende aantal koerante reeds met graagte van burgerjoernaliste gebruik maak. Koerantjoernaliste kan immers nie regtig oral wees nie en nuus ken geen perke nie.
‘n Blog is ‘n webtuiste waar gereelde bywerkings – daagsliks, uurliks of weekliks – gedoen word sodat die stories of inskrywings altyd vars en nuut bly.
As gemeenskapsjoernalis kan jy dalk ‘n enkele storie of ‘n hele paar opvolg en daaroor verslag doen. Jy kan oor die hele volledige storie verslag doen of selfs net ‘n enkele gedeelte.
Daar is verskeie tipes situasies waaraan ‘n gemeenskapsjoernalis kan deelneem. Op sy eenvoudigste kan iemand ‘n aanmerking by ‘n artikel of nuusberig aanbring of kommentaar lewer op ‘n storie. In so ‘n geval kan die persoon wat kommentaar lewer dalk waarde toevoeg tot die storie of, aan die ander kant, iets wat onduidelik geskryf is, vir die ander lesers opklaar. In dié opsig is iemand wat slegs kommentaar lewer óók ‘n gemeenskapsjoernalis, al het hy nie ‘n enkele aspek van die nuusstorie self geskryf nie.
Op ‘n volgende vlak kan ‘n idividu ‘n webblad of blog aan die gang hou vir die uitsluitlike doel om onafhanklike nuus of inligting te publiseer. Dít vervul ook die funksie van ‘n gemeenskapsjoernalis.
Tegnies gesproke kan enigiemand wat oor enigiets verslag doen, as ‘n gemeenskapsjoernalis beskou word – selfs iemand wat net gou ‘n foto van ‘n gebeurtenis in sy woonbuurt neem en dit aan ‘n koerant stuur of aanlyn publiseer. As jy dus jou voet taamlik vinnig in die vryskutjoernalistieke wêreld wil kry is gemeenskapsjoernalistiek dalk net die manier om dit reg te kry. En ons het net die padkaart om jou die regte rigting aan te dui. Gaan kyk gou hier.